Martin Bester wil ‘sonder toestemming’ wees wie hy is!

Net wanneer jy dink dat Martin Bester jou nie nog meer kan beïndruk nie, verras dié veeslydige vermaaklikheidster en bekroonde radio-omroeper jou met iets nuut en opwindend om jou dag te maak!

Sy splinternuwe enkelsnit, Vir Die Liefde, is nie net so ’n aangename verrassing nie, maar beloof ook om baie vinnig ’n gunsteling te word op luisteraars se musiekspeellysies en op treffersparades regoor die land.

Hierdie polsende popliedjie, uit die pen van Martin, Dolf Willemse en Ewald Janse Van Rensburg, het ’n baie kragtige en inspirerende boodskap waarby oud en jonk sal aanklank vind. “Dis ’n baie persoonlike liedjie. Ek het oor die afgelope jaar weereens besef dat ’n mens partykeer ’n lyn in die sand moet trek.

Nie almal gaan van jou hou nie en dis oukei, maar jy moet wees wie jy is en nie wie ander wil hê jy moet wees nie. Liefde sal altyd seëvier, veral as jy eerlik is,” verklap die sanger oor die betekenis agter sy nuutste vrystelling.

“Baie mense behoort hierdie snit te verstaan, want daar is baie druk op almal om ander tevrede te stel. Maar jy moet dit nie toelaat nie. Leef voluit en laat jouself toe om te voel, al is dit seer. Daar is ’n plek vir almal in die wêreld en jy moet net joune vind.”

Luister hier onder na ‘n voorsmakie van sy nuwe liedjie:- Martin Bester – Vir Die Liefde

Loer hier onder na een van sy musiekvideo’s, net ‘n voorsmakie van hoe die man kan sing:- Martin Bester – Ek het geweet [Official Music Video]

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment