Joe Foster gesels meer oor sy nuwe album

Drie jaar nadat die sanger en liedjieskrywer, Joe Foster, sy Ghoema-bekroonde album Hartklank vrygestel het, doen hy dit weer.

Hy vat as’t ware die ‘volgende stap’ met hierdie nuwe album. Alhoewel hy gedurende die twee albums reeds talle liedjies en projekte aangepak het, het hy gevoel dat die tyd nou reg is vir ’n volgende album.

Twee van die dertien liedjies op die album is reeds vrygestel en goed ontvang deur die publiek. Vrede Maak en Look Away, Joe se eerste Engelse snit, het sedert die uitreiking daarvan gereeld op treffersparades gekuier. Hierdie twee snitte is ’n lusmaker van wat aanhangers van die nuwe album kan verwag, wat vroeg in Augustus vrygestel word.

Aanhangers kan ook solank gereed maak vir Joe se volgende enkelsnit. Die snit, wat ook die titelsnit van die nuwe album is, is ’n lekker pop-dans liedjie wat verliefdheid en die stappe wat ons saam met mekaar wil vat, uitbeeld. “Ons wil altyd dieper beweeg in intimiteit met mekaar.Volgende Stap dryf daardie emosies wat so sterk navore kom wanneer ons saam met ons beter helftes is,” vertel Joe.

Die album word ook tydens ’n spoggerige bekendstellings-funksie vrygestel in Pretoria.

Loer hier onder na een van sy treffende musiekvideo’s:- Joe Foster – Bly Nog Net So Bietjie (Amptelike Audio Video)

https://www.youtube.com/results?search_query=joe+foster+hartklank

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment