Hier is ‘n kort Bio oor die bekendste akteur, komediant en sanger Al Debbo

Al Debbo (1924–2011) was ’n legendariese akteur, komediant en sanger. Hy is bekend vir liedjies soos Sonbrilletjies, Hasie, Tantes van Nantes, Brakke van Turffontein en Bolandse nooientjie. Debbo het altesaam in twintig rolprente gespeel. Die eerste was Die kaskenades van dokter Kwak in 1948 en die laaste Oh Shucks I’m Gatvol in 2004.

Al Debbo se pa, Azar het in die vroeë 1900’s uit Libanon na Suid-Afrika geïmmigreer om te help om treinspore te bou. Hier het hy Al se ma, ook ’n Libanees, ontmoet en is hulle later getroud.[1] Hulle het hulleself in Bloemfontein gevestig waar die Debbos jare lank winkeliers was, en Al is hier op 22 Junie 1924 gebore.[2]

Hy begin sy werkloopbaan as ’n ambagsman, maar begin later om voltyds te sing. In 1948 speel hy as akteur in sy eerste rolprent, Die kaskenades van dokter Kwak.

Hy is op 13 Julie 2011 op 87-jarige ouderdom oorlede in ’n hospitaal in Bloemfontein nadat hy drie weke tevore vir ligte longontsteking opgeneem is. Hy is ook vir hartversaking behandel.[3]

Hy en sy vrou, Ansa het twee seuns gehad, Alec en Azar. Sy kinders uit sy eerste huwelik was Alvin, Margie, Melody, Bonnita en Diane.

Al Debbo ontvang in 1999 ’n toekenning van die ATKV vir sy bydrae tot Afrikaanse vermaak. In 2005 ontvang hy ’n SAMA-toekenning vir lewenslange bydrae.[5]

Die SA Akademie se eeufeesmedalje is in 2009 tydens die eeufeesvierings aan hom toegeken as erkenning vir sy jarelange toewyding as kunstenaar wat oor dekades in Afrikaans opgetree het.[6]

Loer hier onder na sy gewildste treffer ooit:- Al Debbo – Sonbrilletjies

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment