Gehoor van Anton Botha, nog nie of dalk het jy, hier is ‘n bietjie meer inligting oor hom

Met die SAMA-genomineerde Anton Botha aan die stuur van sake is enige optrede onvergeetlik en sal dit almal na aan die hart lê.

Nuutste Oorspronklike Album: Alles Of Niks

Anton Botha se splinternuwe album, Alles of Niks, wat in 2012 vrygestel is bestaan uit 15 liedjies vanuit Anton se eie pen. Hy was ook betrokke by die produksie van die album. Die lirieke sal met jou hart praat en die ritme sal sorg dat jou voete nie kan stil sit nie. Die liedjie Love Jou Baie het Anton spesiaal vir sy dogtertjie geskryf. Hy het besluit om ‘n video te maak van die liedjie “Engeltjie” waarin Zetske van Pletzen teenoor hom speel. Sy tweede video, “Naby My”, is ook onlangs opgeneem. Beide word gereeld op televisie gespeel. Die verspreiding van die album word deur Select Musiek Distribusie behartig en is beskikbaar by die meeste toonaangewende musiekwinkels en is nou ook beskikbaar vir digitale “download” op ITunes.

Nuutste Album/ Produksie: Born to be Wild

Die Anton Botha Band toer tans die land met ‘n splinternuwe projek, Born to be Wild. Hierdie skep die geleentheid vir al die “closet rockers” om hulle staal te wys. Snitte soos Cocaine (JJ Cale), Gimme all your Lovin’ (ZZ Top) en Fat Bottom Girls (Queen) sal verseker dat jy die hele aand sal saamsing, “air-guitar”speel en saam dans. Die Anton Botha Band maak seker om hulle eie unieke afdruk op hierdie legendes se musiek te plaas. Dit neem die gehoor op ‘n reis na ‘n vergete tyd, ‘n tyd van inry-fliek en die gebrul van V8-enjins.

Wat om te verwag in 2014:

Anton is tans besig met ‘n baie opwindende projek waarby oud en jonk sal aanklank vind. “My grootword liedjies, my volksbesit” gaan ‘n album propvol ou gunstelinge wees. Almal van sussie tot oupa gaan saam met hierdie album sing. Liedjies wat jy al vergeet het soos “Saai die waatlemoen”, “Aanstap Rooies” en “Boesmanland” sal jou laat terug dink aan jou lekkerste kinderdae herinneringe. ‘n Ware album vir oud en jonk.

Die Anton Botha Band gaan ook poog om hulle nuwe konsep album, “I’ll be your substitute” in 2014 vry te stel. Hulle is tans besig om die speellys bymekaar te sit. Met treffers soos “Save me” – Clout , “Ironic”- Alanis Morisette en “Dreams” – Cranberries gaan dit beslis ‘n moet-kry-cd wees.

Loer hier onder na een van sy musiekvideo’s:- Anton Botha – Asseblief asseblief

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment